Wat moet ek begroot vir bemarking

Posted on Posted in Bemarking

Hierdie is ‘n vraag wat ek nogal gereeld kry; “hoeveel moet ek begroot vir bemarking?”of  ”wat gaan dit my kos?”

Dit is nie so ‘n eenvoudige vraag om te antwoord nie. Daar is egter bemarkers (seker die wat moeg geword het vir die vraag) wat ‘n eenvoudige antwoord het op die vraag;

  • As jy jou omset dieselfde wil hou 5%
  • As jy jou omset wil groei 10%

Daar is egter ‘n rede hoekom groot maatskappye groot word – bemarking. As mens dan kyk wat van die wêreld se groot maatskappye belê in bemarking as ‘n persentasie van hulle omset, dan maak die bogenoemde persentasies nie meer sin nie.

Social_companies1

Tech_companies1

 

Met die uitsondering van Appel, het al hierdie maatskappy meer as die 10% op bemarking bestee. Hulle groei dui ook aan dat dit vir hulle gewerk het.

Die volgende vraag is, waar moet ek my bemarkings begroting belê. ‘n Aantal bemarkingsbestuurders is gevra wat werk vir hulle:

screen-shot-2015-10-15-at-10.54.34-am

Die enigste nie internet gebaseerde bemarking waarop hulle hoop plaas, is direkte bemarking (tele-bemarking). Vir die res is dit duidelik, bemarking volg na waar die mense is en deesdae is dit op die internet.

Leave a Reply