Webwerf analise

seo3

‘n Webwerf is meeste maatskappye se hoof aanlyn platform. Dit is egter nie meer goed genoeg om ‘n webwerf te skep en te hoop die teiken mark soek hom raak nie. Vir ‘n webwerf om waarde toe te voeg, is dit nodig om deurlopende “soek enjin optimalisering” (SEO) aksies toe te pas. Dit is ook nodig dat die webwerf outomaties aanpas by die tipe platform wat die besoeker gebruik. (Die sogenaamde responsive web design of te wel RWB)

In die verlede was dit so dat indien ‘n webwerf gewerk het op ‘n selfoon was dit ‘n bonus, vandag is dit krities. (Sien ook ons artikel oor hierdie onderwerp).

Webwerf.net verstaan hierdie behoeftes, gevolglik begin ons gewoonlik by ‘n SEO audit vir nuwe kliënte. Hierdeur verstaan ons die bestaande status van die webblad en weet ons ook hoe om dit aan te pas.