Die heel eerste webwerf

Posted on Posted in Internet nuus

Op die 6de Augustus 1991 het die heel eerste webwerf lewendig gegaan. Dit was in vandag se terme ‘n redelik eenvoudige webwerf, maar tog revolusioner. Hierdie webwerf is steeds lewendig en lyk steeds presies soos wat hy gelyk het in 1991 (kliek hier)

Volgens CNN Money is die wêreld wye web die breinkind van Tim Berners-Lee wat met die gedagte reeds op gekom het in 1989.

Die impak wat Berners-Lee se uitvinding op die wêreld gehad het, is ongelooflik. Vandag het feitlik elke selfoon toegang tot die net en kan die mens van 2016 feitlik nie meer handel dryf sonder om op een of ander manier dit te doen via die net nie. Vir besighede is dit ondenkbaar om te bestaan as daardie besigheid nie ook op die net is nie.

Die internet reus Amazon.com, het in 1994 ontstaan as ‘n aanlyn boekwinkel. Later het hulle ook begin om DVD’s en CD’s te verkoop en vandag verkoop hulle feitlik enige iets en maak biljoene $ per jaar. Indien hulle egter in 1994 besluit het om slegs ‘n boekwinkel op die hoek oop te maak, sou hulle waarskynlik slegs duisende per jaar gemaak het, indien hulle nog bestaan het.

Waar gaan jou besigheid wees oor 20 jaar?

 

Leave a Reply